Found this in the Beeld this morning.
Keep up the good work MrG
And the forum is mentioned in the article
As soon as I get the English version I will post it.
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/7 ... r-20130313
78 slange dié somer van erwe verwyder
Net aan die Wes-Rand het die nooddienste al dié somer meer as 78 slange van inwoners se erwe verwyder.
“Die meeste is weer op ’n veilige plek vrygelaat,” het Gerhardt Nieuwoudt, hoof van Mogale City se nooddienste en ’n slangkenner, gesê.
Slange is volgens hom aktiewer in warm gebiede en die meeste word weens die welige plantegroei in KwaZulu-Natal aangetref.
“Daar is egter orals slange. Selfs in en om die Johannesburg/Pretoria-omgewing word daar jaarliks heelwat slange gevang en veilig verwyder.”
Volgens Nieuwoudt word slange se habitat bedreig deur ontwikkeling en daarom kom hulle meer in stedelike gebiede voor.
Beeld het in die afgelope week oor drie mense berig wat deur slange gebyt is.
Nooddiensbeamptes aan die Wes-Rand is opgelei om reptiele veilig te vang en weer vry te laat in gebiede waar hulle nie ’n probleem vir mense is nie, het Nieuwoudt gesê.
Volgens hom bevorder sekere TV-programme ’n vrees vir slange, terwyl die meeste in Suid-Afrika eintlik onskadelik is. Die aantal voorvalle waarin mense gebyt word, is min vergeleke met lande soos Indië en Indonesië. “In Suid Afrika is goeie mediese hulp ook nie ver weg nie en sterftes weens slagbyte is eintlik min.”
Die meeste slangbyte vind plaas omdat mense op die verkeerde tyd op die verkeerde plek is. ’n Slang sal homself verdedig as hy bedreig voel, het Nieuwoudt gesê.
“Die talle gevalle van Mosambiekse spoegkobrabyte wys dis ’n slang wat na hitte soek en huishoudelike gebiede begin betree. ’n Slang oorleef deur hitte en kos. As daar nie wegkruipplek en kos soos muise, rotte en paddas op jou erf is nie, is jy veiliger.”
...
Voorkom slangbyte só
- As jy ’n slang gewaar, is die veiligste om hom met rus te laat.
- Staan op ’n veilige afstand en indien jy meen hy is ’n gevaar, kontak die nooddienste, polisie of ’n plaaslike slangkenner. Kontaknommers kan op webwerwe soos sareptiles.co.za gevind word.
- Moet die slang nooit probeer vang as jy nie seker is waarmee jy te doen het nie.
- Moenie ’n slang vaskeer nie.
- Slange word meestal gevind in digte bosse en grasveld, dus moet stappers versigtig wees wanneer hulle gaan stap en kyk waar hulle hul voete neersit. Hulle moet ook behoorlike toe skoene dra.
- Kampeerders moet hul tent se ritssluiter saans toe hou en ook mooi kyk wanneer hulle rondstap.