In the news today
On IOL:
http://www.iol.co.za/news/south-africa/ ... -1.1484672
North West - A Kempton Park bookkeeper has been bitten on the face by a Mozambican spitting cobra while sleeping at a lodge in North West, it was reported on Tuesday.
A severe pain in his left eye woke Werner Bronkhorst, 25, at the Pilanesberg Game Reserve at the weekend. He heard a hissing noise and realised it was a snake, Beeld reported.
“You instinctively know it's a snake. I felt it bite me again, on the eye, and I grabbed it and threw it to one side. I felt blood running down my face,” he told the newspaper.
He ran for help, pausing only to grab a packet of cigarettes, “because I knew I was going to need them”.
According to Bronkhorst, the snake also attacked a water bottle and an empty cigarette box lying on the floor next to the bed.
“That snake wasn't right,” he said.
According to Beeld, rangers capture the reptile and released it into the park.
Bronkhorst was admitted to the Ferncrest Hospital, in Rustenburg, where he was reportedly in a stable condition.
Professor Graham Alexander, a snake expert at the University of the Witwatersrand, said he suspected that Bronkhorst might have rolled onto the snake in his sleep, and frightened the animal.
“Snakes don't just attack,” he said
And in the Beeld:
Kobra pak hom in sy bed
Boekhouer wat ’n lodge in Noordwes besoek het om die oord se boeke te doen, het ’n nagmerrie-ondervinding beleef toe ’n Mosambiekse spoegkobra hom in die nag aan die gesig gebyt het.
“Daai slang was nie reg nie,” het Werner Bronkhorst (25) van Kempton Park gister in die Ferncrest-hospitaal in Rustenburg gesê.
Die slang het hom gepak terwyl hy in ’n lodge in die Pilanesberg-wildreservaat geslaap het.
Hy was daar om te werk, maar sê hy gaan nie daarheen terugkeer nie.
Bronkhorst het Vrydag 01:20 van ’n “geweldige seer” in sy linkeroog wakker geskrik. Hy het ook ’n gesis gehoor.
“Instink sê vir jou dis ’n slang. Ek het op my regtersy gelê. Dit het so vinnig gebeur. Dit het gevoel of hy my dubbel aan die oog byt. Ek het hom gegryp en eenkant toe gegooi.”
Bronkhorst het badkamer toe gehardloop. “Ek het gevoel hoe die bloed by my gesig afloop.”
Vanuit die badkamer het hy gesien hoe die slang teen die bed se kopstuk opseil. Hy het by die kamerdeur uitgehardloop om die veldwagter in die kamer langsaan te gaan roep.
Bronkhorst het voordat hy by die deur uit is eers sy sigarette gegryp, “want ek het geweet ek gaan dít nodig hê”.
“Ek het gesê: ‘Snake bite!’ My grootste vrees was dat ek deur ’n swart mamba gebyt is.”
Volgens Bronkhorst het die slang ook ’n waterbottel en leë sigaretboksie op die vloer langs die bed “aangeval”.
Die hoofveldwagter van die lodge het die slang as ’n Mosambiekse spoegkobra geïdentifiseer.
Die slang, wat toe op die einste bed gelê het waar Bronkhorst oomblikke gelede geslaap het, is gevang en weer in die reservaat vrygelaat.
Volgens Bronkhorst moet daar eers gewag word totdat die swelling sak voordat vasgestel kan word watter skade daar is.
Prof. Graham Alexander, ’n slangkenner by Wits, het gesê dit is baie vreemd dat die slang ’n waterbottel en sigaretboksie “aangeval” het.
“Dit klink of die slang in pyn was en as dit gebeur, sal hy selfs homself aanval.”
Alexander het gesê hy vermoed Bronkhorst het moontlik oor die slang in die bed gerol, wat die reptiel laat skrik het. “Slange val nie net aan nie,” het Alexander beklemtoon.
Volgens hom is ’n Mosambiekse spoegkobra se byt een van die algemeenste ernstige slangbyte. “Dis ’n baie gevaarlike slang. Dit gebeur soms dat simptome eers later wys. Die gif doen sy werk progressief.”
Simptome sluit meestal swelling in en weefsel wat vernietig word.
...
Wat om te doen
Frikkie Gous, kommunikasiebestuurder van LifeMed-ambulansdienste, sê hoewel gevalle waar mense deur slange gepik word met die aanloop tot die winter kan daal, is dit nie ongewoon dat mense steeds in die warmer dele van die land gepik kan word nie.
Hy sê mense moet op die uitkyk wees vir slange indien hulle oor die Paastyd in die bos of bergagtige streke vakansie hou.
Wanneer iemand deur ’n slang gepik word, moet die volgende gedoen word:
- Identifiseer die slang indien moontlik of kry ’n goeie beskrywing van die slang.
- Laat die pasiënt plat lê en hou die deel van die lyf wat gepik is so stil as moontlik.
- Hou die pasiënt se asemhaling en hartklop dop en begin mond-tot-mond-asemhaling indien nodig.
- Moet nooit snye in die wond maak of die gif probeer uitsuig nie.
- Kontak die nooddienste sou gou as moontlik by 0861 086 911
The Beeld has some pictures of the bite and his swollen face